
=====================================================================
Trust het miljoene geskenk (AV 7:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

Trust het miljoene geskenk

In die vyftien jaar van sy bestaan het die L.W. Hiemstra Trust reeds sowat R2,7 miljoen aan die bevordering van Afrikaans bestee, skryf 
P.A. Joubert.

DRIE jaar gelede was die opskrif van 'n artikel in Afrikaans Vandag oor wyle dr. Ludwig Wybren Hiemstra (3 Julie 1897  12 Julie 1978) "'n 
Lewe in diens van die Afrikaanse woord". Nou, lank na sy dood, word die naam van Louis Hiemstra, joernalis, woordeboekmaker en jare lank 
taalkundige redakteur van die Nasionale Pers (nou Naspers), nog aan die aktiewe bevordering van die taal verbind.

Dit is moontlik gemaak deur sy weduwee en erfgenaam, mev. H.J. Hiemstra (vir familie en vriende Rikie of tannie Rikie). Sy het teen die 
einde van 1984 die L.W. Hiemstra Trust opgerig ter nagedagtenis aan haar man en sy lewenswerk en met middele uit sy nalatenskap as 
kapitaal. Die doel is "om in die openbare belang die Afrikaanse taal te bevorder", en dit word veral gedoen deur die pryse van boeke in en 
oor Afrikaans te subsidieer, boeke wat anders heeltemal te duur sou gewees het.

In die afgelope vyftien jaar het die erkenning van die L.W. Hiemstra Trust se bydrae 'n bekende refrein voorin boeke deur van die voorste 
skrywers geword. In die voorwoord van sy jongste geskiedkundige werk, Armosyn van die Kaap, bedank Karel Schoeman die Trust, "wat met 
finansile bystand nogmaals die publikasie van een van my boeke moontlik gemaak het". Die totale bedrag van die Trust se skenkings staan 
reeds op R2,7 miljoen.

Hendrika Johanna Hiemstra (gebore Schulze), stil en beskeie weldoener van die Afrikaanse taal en boek, is nes haar oorlede man 'n boorling 
van Lydenburg, waar hulle ook met mekaar kennis gemaak het terwyl albei elders gewerk en gelyktydig met verlof by familie gekuier het, sy 
uit Pretoria en hy uit Bloemfontein. Hulle is in 1944 getroud.

Die nou reeds bejaarde mev. Hiemstra woon sedert 1987 in 'n bekende aftree-oord in Hofstraat, Kaapstad. Sy moes verlede jaar haar een been 
in 'n operasie afstaan. Die administrasie van die L.W. Hiemstra Trust word behartig deur Absa Trust Beperk. Philip Joubert is afgetrede 
joernalis, tydskrif- en woordeboekredakteur.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av722.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 2000 /// Gee kans! Afrikaans se saak groei wreldwyd (AV 7:2) /// 
Trust het miljoene geskenk (AV 7:2) /// Kursus in Afrikaans (AV 7:2) /// Limeriek I (AV 7:2) /// 'Kom ons lees en laat lees' (AV 7:2) /// 
Limeriek II (AV 7:2) /// Vroeg in nuwe eeu (hoofartikel) (AV 7:2) /// In memoriam Ds. Flip van der Westhuizen (AV 7:2) /// Sebrastrepe s 
hul s vir Afrikaans (AV 7:2) /// Oor Afrikaans klap woord en weerwoord (AV 7:2) /// Tyd van liefh het aangebreek (AV 7:2) /// Man met 
swart baret se woorde rinkink (AV 7:2) /// 'Losing my religion' (AV 7:2) /// Taalslordigheid berokken skade (AV 7:2) /// Limeriek III (AV 
7:2) /// 'Etse! Tjeend gaan met grrawater uit!' (AV 7:2) /// Dans uit vergange se dae (AV 7:2) /// Nergensland (AV 7:2) /// Nag vol 
feeste! (AV 7:2) /// Duitser berig in Afrikaans uit Europa (AV 7:2) /// Staande ovasie vir Afrikaans (AV 7:2) /// Duitse toewyding 
toegespits op Afrikaans (AV 7:2) /// Ambassade reik kosbare CD uit (AV 7:2) /// 'Bubbelbad' borrel (AV 7:2) /// Waar's daai gogga? (AV 7:2) 
/// Wind van voor is niks nuuts nie (AV 7:2) /// Afrikaans en die jeug (AV 7:2) /// Hoe praat jy met tieners? (AV 7:2) /// Onthou om nie te 
vergeet nie (AV 7:2)

